10 Dinge wat jy moet weet van dokumentêre programme


Johan Rademan vertel tien dinge wat jy van ‘n radio-dokumentêr moet weet. Hy het al sowat 60 dokumentêre programme vervaardig, en verskeie toekennings ontvang vir sy programme.

Hier is die tien dinge

Meet gerus elke Donderdagaand ná elke dokumentêr aan hoeveel van dié eienskappe die aand se dokumentêr voldoen het.

1. Onderwerp. Moenie na-aap, maar bring nuwe inligting bring en stel nuwe standeraarde.

2. Die struktuur. Gaan ek hoofspreker hê en die ander wat invul? Tese en antitese, ens.

3. Die styl: is dit humor, tragedie, drama, saaklik, omstrede…

4. Die teks en binding is baie belangrik. Sien dit byna as griekse drama met ‘n verloop,  erkenningsoomblikke, klimaks en afloop.

5.  Die musiek en byklanke. Dis ook een van die gevaarlikste dinge, want jy moenie jou eie gunstelinge gebruik nie, maar toepaslike en funksionele musiek in die regte styl.

6. Redigering. Sny die oem’s en aah’s uit, maar moenie dit doodsny nie.

7. Plasing. Begin prikkelend, dalk met iemand wat in sy eie dialek gesels, maar moenie vals verwagtings skep nie. Moenie met die beste begin en dan is dit wat volg, pap is nie. Dan is dit soos ‘n afgeblaasde ballon.

8. Respek. Moenie iemand belaglik laat klink nie.

9. Die lakmoestoets is verveling. Is jy verveeld as jy jou dokumentêre die derde of vierde keer deurluister? Dan is dit vervelig.

10. Sosiale media: maak ‘n video terwyl jy opneem om die dokumentêr nog meer outentiek te maak en om vir die luisteraar meer te gee.