1e Perde ná 10 jr van SA na België uitgevoer


Martin Koorts, voorsitter van die Prins Albert Landbouskou, vertel wat skougangers van 17 tot 19 Oktober kan verwag. Op 17 Augustus vanjaar is 32 perde uit die Wes-Kaap na België uitgevoer. Vir tien jaar was dit nie toegelaat om perde van hier af na die Europese Unie uit te voer nie. Dr. Vivien Malan, staatsveearts verbonde aan die Boland-kantoor, verduidelik waarom dit goeie nuus is.

Edmund Terblanche, keldermeester by La Motte en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Shiraz Assosiasie, vertel van die Top 12-kompetisie wat onlangs gehou is.