Luister weer: Tafelberg se kabelkar


Luister op 20 Maart na Tafelberg se kabelkar –  saamgestel en aangebied deur Johan Rademan.

Johan Rademan vertel die verhaal verder van vandag se twee roterende moderne kabelkarre wat 65 passasiers elk dra en 900 mense per uur teen 10 meter per sekonde vervoer in “Tafelberg se kabelkar” op RSG.

TAFELBERG SE KABELKAR deur Johan Rademan

Die afgelope 96 jaar word Tafelberg se kabelkar ingespan om mense en goedere op en af te laat ry. Johan Rademan het in die skadu van ou Tafelberg gaan kuier.

 

Johan Rademan en Collette van Aswegen.

Die eerste mense het verwys na Hoerikwagga, die berg wat in die see staan. Tafelberg isoor eeue berym, besing en beklim met bykans ‘n 100 staproetes.. Sedert 1929 kan Tafelberg per kabelkar bestyg word en bykans n miljoen besoekers per jaar besoek tans die ikoniese berg via die Tafelbergsweefspoormaatskappy.

Daar is n honderd staproetes en meer as 2 000 plantspesies(meer as in die hele Verenigde Koningkryk) in een van die 7 Natuurlike wonders van die wereld wat deur Sanparke bedryf word.

Johan Rademan het met Besturende-direkteur Wahida Parker, Bemarkings en kommunikasie bestuurder, Collette van Aswegen, ingenieur Andries de Vries, Omgewingskundige, Dave Pepler en Meesterplantkundige van Babylonstoren Erns van Jaarsveld gesels oor die 300 miljoen jaar oue berg en die moderne konteks waarbinne die kabelkar funksioneer. ‘n Paar besoekers aan die berg via die kabelkar sorg vir n bietjie komiese verligting tussen rotse wat tot 600 miljoen jaar oud geskat word.

Agtergrond inligting

In 1998 is nagenoeg 25 000 hektaar wat Tafelberg en die gebied om dit insluit, as die Tafelberg Nasionale Park verklaar. Die gebied strek van Vlaeberg (Seinheuwel) oor Tafelberg, Duiwelspiek, die middestad tot by Kaappunt.

Hoerikwaggo (Berg in die see) genoem deur die Khoi-bevolking en Taboa de Caba (Tafel van die Kaap) deur die eerste Europeër wat die berg geklim het, Antonio de Saldanha en dit is die wêreld van die Koningsprotea en eksotiese Rooidisa, twee van amper 2300 plantspesies wat jy slegs in die gebied op die aardbol kry.

Navorsers reken dat van die rotse tot 600 miljoen jaar oud kan wees en Tafelberg self tot 300 miljoen.

Die hoogste punt op Tafelberg is die Maclear-baken wat Sir Thomas Maclear met ‘n klipstapel aangedui het in 1865 en n rol gespeel het in die meting van die ronding van die aarde.

Sir Thomas Maclear, ʼn sterrekundige, het in 1865 ‘n groot klipstapel, 1 086 meter bo seevlak, gebou wat die hoogste punt van Tafelberg aandui. Dié kliphoop, wat die Maclear-baken genoem word, is destyds gebou om te help om die aardkromming te meet en is, sowat  19 meter hoër as die huidige kabelkarstasie.

1929 openings kabelkarretjie

Opgegradeerde kabelkarretjie

Die rit van vyf minute met die sweefspoor na die kruin van Tafelberg bied aan die besoeker ʼn 360⁰-panoramiese uitsig oor die oseaan, strande, stad en berg. Die twee roterende moderne kabelkarre kan tot 65 passasiers op ʼn keer dra en vervoer 900 mense per uur teen ’n rustige spoed van 10 meter per sekonde. Op die kruin is daar 350 verskillende voetslaanpaaie. Daar is ook ʼn selfdienrestaurant en ʼn winkel waar jy aandenkings kan koop. Dié winkel is in die oorspronklike kliphuisie ingerig.

Johan Rademan gesels met meganiese-ingenieur Andries de Vries by die enjinkamer van die Tafelbergkabelkar

Die Table Mountain Aerial Cableway het in 1929 amptelik die publiek verwelkom. Vandag, 95 jaar later besoek amper n miljoen mense jaarliks Tafelberg deur die Tafelbergsweefspoor of “Kabelkar” met  ʼn 360 ⁰-panoramiese uitsig, tydens ‘n rit van vyf minute na die kruin van Tafelberg, Suid-Afrika se mees besoekte toerisme baken.

Johan Rademan vertel die verhaal verder van vandag se twee roterende moderne kabelkarre wat 65 passasiers elk dra en 900 mense per uur teen 10 meter per sekonde vervoer in “Tafelberg se kabelkar” op RSG.

Dokumentêre 2025: Luister weer na dokumentêr oor impressionis Conrad Theys