2013-meteoor-trefslag was 10x sterker as Beiroet-ontploffing
Hoe vergelyk die ontploffing wat in 2013 deur ‘n meteoor bokant Cheljabinsk in Rusland gemaak is met die Beiroet-ontploffing? Dit was tien keer sterker as die Beiroet ontploffing wat ‘n reuse krater in die Beiroet-hawe geruk het.
Daar is ook ‘n vraag oor hoe die maan deur die jaar skuif.
Elon Musk se maatskappy, Space X, is steeds besig om die Starlink-satellietnetwerk uit te brei. Sterrekykers het al begin kla omdat hierdie formasie satelliete hulle sterrekykaktiwiteite beïnvloed. Willie Koorts vertel wat gedoen word om die opsigtelikheid van die satelliete te verminder.