2022 se 1e dramaseisoen
Twee herdenkings, die wenners van verlede jaar se RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie, én die wenners van die eerste RSG – Nati Kwartkomediekompetisie kom aan die beurt.
Soos gebruiklik begin die seisoen met die wenners van Sanlam & RSG se Radiodramaskryfkompetisie.
Die veteraanregisseur, Johan Rademan het tydens vanjaar se eerste Oppiwater-kunstefees Albert Short se Die Nagbesoekers regstreeks voor ‘n gehoor opgeneem met onder meer Elma Potgieter in die rolverdeling. Die drama word op 9 Junie uitgesaai.
Die tweede viering van die seisoen is ter nagedagtenis aan Elsa Joubert wat vanjaar 100 jaar oud sou word. Haar ikoniese Die swerfjare van Poppie Nongena is vir die radio verwerk deur Suzanne van Wijk. In 2012 het Margot Luyt dit weer vir die radio opgevoer met onder meer Zenobia Kloppers, Christo Davis, Soswe Msuthu en Nic de Jager as verteller. Hierdie argiefdrama word op 16 Junie, op Jeugdag, uitgesaai.
Die seisoen word afgesluit met die vier kwartkomedies wat in die eerste kompetisie as die wenners aangewys is. Die komedies is elk 15 minute lank en word as eenheid aangebied onder spelleiding van Johan Rademan.
Datum |
Naam en skrywer |
Regisseur |
7 Apr | Die Vuurvliegdief, deur Madeleen Welman (Merieteprys) | Frieda van den Heever |
14 Apr | Die dood van Bititi, deur Adriaan Havenga (Jong skrywer prys) | Mari Snyman |
15 Apr | Paasdrama: Waarom Here?, deur Joey van Niekerk |
Ina Strydom |
21 Apr | Sterstof, deur Cecelia du Toit (Wetenskapfiksie) |
Johan Rademan |
28 Apr | Naand, Josef, deur Albert Short (2e prys) |
Renske Jacobs |
5 Mei | Kinders, deur Erica Harris (Wendrama) |
Anrich Herbst |
12 Mei | Don Juan, deur Moliere | Argief |
19 Mei | Die Magrietjie, deur Jenny Pieterse |
Johny Klein |
26 Mei | Sondeseep, deur Susan Marais |
Amor Tredoux |
2 Junie | Onvoltooid, deur Ayden Kruger | |
9 Junie | Die Nagbesoekers, deur Albert Short en Boetie kom kuier deur Thomas van Niekerk | Johan Rademan |
16 Junie | Die Swerfjare vir Poppie Nongena, deur Elsa Joubert |
Argief; Margot Luyt |
23 Junie | 4 Kwartkomedies | Johan Rademan |
Wenner: Hendrik se histerektomie, deur Ilne Fourie
2e prys: Die rare Jacobs, deur Melt Sieberhagen Merietepryse Eerbare intensies deur Benjamin Kock |
||