2024 se 1e Dokumentêre seisoen begin op 4 Januarie
Ons eerste dokumentêre seisoen van 2024 skop op 4 Januarie af.
Luisteraars kan uitsien na ‘n groot verskeidenheid onderwerpe oor die klanke van Distrik Ses, Wuppertal, digter T.T. Cloete wat in 2024 ‘n 100 jaar oud sou word, tot ‘n blik op die land drie dekades van demokrasie.
Uitsaaidatum | Dokunentêr | Programmaker |
4-Jan | Vir 290 jaar in die sandput | Marize de Klerk |
11-Jan | Kontant op die kant | Renaldo Schwarp |
18-Jan | Die slagting in die see | Martelize Brink |
25-Jan | Vyf vlugvoetige voetbôllers | Heindrich Wyngaard |
1-Feb | As ’n man knak | Elsje van Jaarsveld |
8-Feb | God die digter (T.T. Cloete – 100 jaar) | Argief |
15-Feb | Die padkaart in jou drome | Flip Loots |
22-Feb | Sò klink Distrik Ses | Haidee Muller |
29 Feb | Verenig in stem | Ina Strydom |
7-Mar | Wuppertal se langpad | Johan Rademan |
14-Mar | Leon – die lewe van ’n onnutsige onnie | Ettienne Ludick |
21-Mar | Drie dekades van demokrasie – deel 1 | Jody Hendricks |
28-Mar | Drie dekades van demokrasie – deel 2 | Jody Hendricks |