Luister weer: 85 Jaar van Musiek


In dié dokumentêr oor die evolusie van musiek op Afrikaanse radio, kyk Haidee Muller-Isaacs na luisteraars se veranderende luistergewoontes oor die 85 jaar – grammofoonplaat tot digitale aflaaibare musiek, en ook na die befondsingsmodel van musiek – wie betaal en wie maak die geld.  Wat kry die kunstenaar?

Sy gesels ook met musiekpromotor Lydia Winchester oor die goeie ou dae by Decibel  en hoe sake desjare in die musiekbedryf gewerk het, die musiekkenner Leon Rossouw gesels oor hoe musiek oor die jare heen verander het. Die sangeres Luna Paige vertel oor hoekom sy haar musiek eerder via haar aanlynwinkel verkoop pleks van dit laai op stroomdienste en liedjieskrywer en sanger Jannie du Toit gooi ook sy stuiwer in die armbeurs. “Ek is jare lank al ‘n ernstige luisteraar van Afrikaanse musiek van gehalte en ek probeer uiteraard ook om sulke musiek te bevorder,” meen Jannie, wat vanjaar sy vyftigste jaar in die bedryf vier.

Die dokumentêr is saamgestel en aangebied deur Haidee Muller-Isaacs, en word op 29 September net na 20:00 uitgesaai.

Agtergrond-inigting

Die befondsingsmodel:

Voor 1961

Voor 1961 het daar geen amptelike befondsing model vir musiek in Suid-Afrika bestaan nie. Platemaatskappy het opname kontrakte met kunstenaars gesluit, het plate verkoop en ‘n deel van die inkomste is, kontraktueel, aan die kunstenaar oorbetaal

SAMRO

In 1961 het Dr Gideon Roos (Senior), ‘n voormalige Direkteur-Generaal van die SAUK, die Suider-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie (SAMRO) op die been gebring om die intellektuele eiendom van komponiste, outeurs en uitgewers te beskerm deur te verseker dat hulle kreatiewe insette volwaardig geakkrediteer en vergoed word, beide plaaslik en internasionaal. SAMRO is dus in Suider-Afrika verantwoordelik vir die beskerming van musiek regte deur lisensie fooie te in van gebruikers van musiek, insluitend televisie uitsaaiers radiostasies, winkels se interne radiostasies, kroeë, klubs, kleinhandelaars, restaurante en alle ander besighede wat musiek uitsaai, gebruik of speel.

Deur die SAMRO Stigting speel hulle ook ‘n noodsaaklike rol in die befondsing en ondersteuning van musiek- en kunste opvoeding in Suid-Afrika, en bevorder hulle die plaaslike musiek industrie deur gereelde seminare en werkswinkels te hou, deur verwante konferensies te ondersteun en deur kreatiwiteit te ontwikkel oor alle kategorieë en genres van musiek.

RiSA

In die 1970s is die “Association of the South African Music Industry (ASAMI)” gestig en het later hulle naam verander na “The Recording Industry of South Africa (RiSA)”. Dis ‘n nie-winsgewende organisasie wat namens lede, wat ‘n gemeenskaplike belang by die Suid-Afrikaanse musiek industrie het, optree as a vakbond van soorte, om hulle belange te beskerm en bronne van inkomste te verseker. Lede betaal ‘n lidmaatskapfooi wat die enigste inkomste is wat RiSA gebruik om sy aktiwiteite mee uit te voer.

SAMPRA

Die “South African Music Performance Rights Association” (SAMPRA) is in 2007 gestig as ‘n suster-organisasie van SAMRO, met die doel om musiek regte, bekend as “Neighbouring” of “Needletime Rights”, namens kunstenaars en platemaatskappye in te vorder. Dit word gedoen deur musiek gebruikers, soos radiostasies, kleinhandelaars, kroeë, klubs, restaurant en ander besighede wat musiek speel, te lisensieer. Die lisensiegelde word verwerk en as tantieme aan kunstenaars en platemaatskappy oorbetaal.

Die basiese verskil tussen SAMRO en SAMPRA blyk te wees dat SAMPRA meestal fokus op lewendige uitvoerings van musiek, soos konserte en vertonings, operas, musiekblyspele, diskoteke, en plekke waar musiek elektronies gespeel word, terwyl SAMRO meer op industrie fokus wat musiek op fisiese media beskikbaar stel, soos plate en CDs.

STROOMDIENSTE (STREAMING)

Hoewel dit na ‘n onlangse ontwikkeling in die musiekbedryf wil voorkom, gaan die geskiedenis van stroom dienste terug na die vroeë 2000s met Apple Music wat reeds in 2003 hulle iTunes Winkel beskikbaar gestel het vir gebruikers om musiek digitaal aan te skaf. Hoewel die gebruiker die liedjie kon koop en aflaai, het dit nooit sy eiendom geword nie en kon dit ook nie versprei word na ander gebruikers nie.

Stroom Dienste is die praktyk om multimedia deur ‘n toestel te speel wat aan die internet gekoppel is, sonder om die video of liedjie op jou toestel te stoor, en is ‘n diens wat verskaf word deur maatskappye soos Apple Music, Spotify, Deezer en Tidal, wat gesamentlik bekend staan as Digitale Diensverskaffers (DDV). Stroom dienste genereer inkomste uit tantieme wat gewoonlik deur middel van ‘n derde party aan eienaars oorbetaal word.

Daar is hoofsaaklik 2 tipes stroom dienste – interaktief, of op aanvraag, waar die gebruiker bepaal watter liedjies gespeel word, en nie-interaktief waar die gebruiker geen beheer het oor watter musiek gespeel word nie. Om ‘n liedjie op ‘n stroom diens beskikbaar te stel, moet die eienaar (kunstenaar of platemaatskappy) dit na die DDV stuur, gewoonlik deur middel van ‘n Digitale Verspreider (DV). Groot maatskappye soos Sony en Warner het gewoonlik direkte ooreenkomste met DDVs om musiek op hulle dienste beskikbaar te stel, maar kleiner entiteite kan gebruik maak van DVs soos CDBaby.

Inkomste uit stroom dienste word verkry uit verskillende tantieme wat gebaseer is op die aantal keer wat ‘n liedjie deur middel van die DDV se diens gespeel word, en in Suid-Afrika word meeste van die tantieme oorbetaal aan SAMRO en SAMPRA, en in sommige gevalle aan platemaatskappye. Hierdie entiteite is dan daarvoor verantwoordelik dat kunstenaars en komponiste hulle regmatige deel ontvang.