Wat was brandende voorwerp in die lug? Foto van twee van Jupiter se mane
Daar was onlangs oor groot dele van die land opgewondenheid oor ‘n brandende voorwerp wat van noord na suid deur die ruimte getrek het. Was dit ‘n meteoor, asteroïede of iets anders?
Ons hoor van ‘n nuwe ruimte-organsisasie wat in Suid-Afrika tot stand gaan kom, en
praat met Clyde Foster, ‘n planetêre waarnemer, oor sy foto’s van twee van Jupiter se twee mane. Die foto’s is so duidelik dat die skadu van die mane op die planeet gesien kan word.