Vanwaar die waaisand uit opgaardamme?
Waar kom die tonne waaisand vandaan wat tydens die onlangse droogte uit Wes-Kaapse opgaardamme gewaai is?
Dís een van die vrae wat deur wetenskaplikes beantwoord is in Hoe verklaar jy dit?
Die ander vrae wat beantwoord is:
1. Hoe het Kepler dit reggekry om sy ingewikkelde berekenings oor planetêre beweging met behulp van die Romeinse getalle-stelsel te doen?
2. Is dit moontlik om die swaartepunt van ‘n voertuig laer te maak deur die wiele buitekant die bakwerk te monteer?