Kan onderwysers disleksie, ADHD diagnoseer?
Die joernalis, Gasant Arbarder, het ‘n Twitter-inskrywing gemaak wat wyd reaksie ontlok het. ‘n Onderwyser het vir sy sesjarige gesê sy is disleksies. Hulle het ‘n tweede opinie gekry, en dit was geheel en al ‘n verkeerde diagnose. Sy benodig wel ekstra hulp met haar graad een leeswerk, maar floreer in wiskunde. Abader sê wat hom bekommer is dat onderwysers opgelei word om net “een tipe kind” te skool. Watter bevoegdheid het onderwysers om te diagnoseer?