Watermassa bruis oor Augrabies-valle
Honderde besoekers het na die Augrabies watervalle gestroom om die verstommende gesig van die bruisende watermassa wat oor die valle stort, te aanskou.
Hier is enkele foto’s en video’s wat dié dramatiese gebeurtenis vasvang.
17 Februarie 2021
Kyk na nog foto’s van die vloed by die valle: https://www.groundup.org.za/article/photos-spectacular-augrabies-falls-floods/
6 Februarie:
Die kruin van die vloed
31 Januarie 2021
20 Januarie: Die bruisende watermassa van die Oranjerivier stort nou donderend oor die Augrabiese valle nadat die watermassa die valle Vrydag bereik het. Die valle was in 2014 laas so vol.
Die Gariepdam se walle loop oor nadat water van die Vaal- en Hartsriviere verlede week saamgevloei het, en by die Oranjerivier aangesluit het. Die sluise van die Vanderkloofdam onder die Gariepdam is ook oopgemaak.
Geniet die foto’s en video’s.
Die video is op 19 Jan 2021 geneem:
Lees meer oor die Augrabiese valle: https://en.wikipedia.org/wiki/Augrabies_Falls