Ons bring hulde aan Margot Luyt
Nic de jager bring hulde aan Margot:
“Margot was een van die mense, wat ek die voorreg gehad het om te ken, wat die meeste deernis vir haar medemens gehad het…
Margot Luyt gesels op Kwela
Meer oor Margot Luyt
Margot Luyt is al sedert 1978 betrokke by radio én televisie.
Sy het oor die jare ’n baie groot rol gespeel in die voortbestaan en verbetering van dramas en vervolgverhale vir die radio, nie net as regisseur nie, maar ook met die opleiding wat sy deurgaans aan regisseurs en spelers verskaf het.
Margot Luyt se vermoë om met mense te werk en haar kennis op só ’n manier oor te dra dat dit die uitsaaiproduk voortdurend bly verbeter, is uitsonderlik. Sy het veral ’n groot bydrae gelewer om die Afrikaanse digkuns en skryfkuns op die radio te laat lewe, hoofsaaklik deur haar professionele aanbieding en haar keurige versorging van programme oor poësie en letterkunde.
Die bydrae wat sy gelewer het om die kollig op gevestigde en ervare digters en skrywers te laat val én nuwe Afrikaanse stemme bekend te stel, kan nie onderskat word nie.
Lees en luister ook
https://www.rsgplus.org/atkv-vereer-radiomense/