Wat is die verskil tussen sterrekundiges, kosmoloë en planetêre wetenskaplikes?
In Sterre en Planete word daar dikwels gepraat van sterrekundiges, kosmoloë en planetêre wetenskaplikes. Wat is die verskil?
‘n Vraag oor die transmissiesnelheid van seine tussen radioteleskoopskottels word ook beantwoord.
En daar word gepraat oor Clyde Foster se sterrewag na aanleiding van ‘n besoek daar.