Nuwe musiekreeks huldig ‘vergete’ sterre
In hierdie reeks, Toe Ons Sterre Was, word die klanke en verhale opgediep van sangers uit die sestiger-, sewentiger- en tagtigerjare, soos Zayn Adam (in die eerste aflewering), Danny Williams en Neville Nash.
Ook dansgroepe soos The Rockets, Restless Children en The Flames sal gehoor word, saam met langarmorkeste soos The Bobby Hendricks Sound en Jimmy’s Grand Six.