Ons spesiale Kersdag program, en feestydprogram
Ons bied weer op Kersdag ‘n hele reeks spesiale programme aan om die stemming van dié dag met jou te deel.
RSG-KERSDAGROOSTER 2022
Tyd | Program | Vervaardiger/
Aanbieder/ Meer inligting |
Tydsduur |
05:00 | Oggendstemming |
Tharien Oosthuizen | 50 minute |
06:00 | Nuus en temperature | ||
06:10 | Kersstemming | Tharien Oosthuizen
In Kersstemming hoor ons die King’s College koor, Yo-Yo Ma, Enya en ‘n pragtige komposisie van Nigel Hess. |
40 minute |
06:55 | Lewende Woord | Danny Fourie lees uit Jesaja 9:1-5 en Lukas 2:3-20; 25-35. | 5 minute |
07:00 | Nuus en weer | ||
07:10 | Binnekamer op Kersdag | Binnekamer sal 07:00 tot 08:00 uitsaai en fokus op stories van geloof, inspirasie en dankbaarheid. | 45 minute |
08:00 | Nuus | ||
08:05 | Loof die Here | Magdaleen Krüger | 50 minute |
09:00 | Oggenddiens | 40 minute | |
09:30 | Kerswense aan 90 jaar en ouer | Luisteraars kan hulle Kerswense aan senior burgers voor 23 Desember per e-pos stuur na info@rsg.co.za. | 20 minute |
10:00 | Nuus | ||
10:05 | Liefdesliedjies
|
Johan van Lill | 50 minute |
11:00 | Nuus | ||
11:05 | Joernaalprogram vir Kersdag | In ’n Kersjoernaalprogram met die tema Lewe en Lig om 11:00, gaan Phillip de Vos vier van sy gedigte voorlees. Die aanbieder is Lizelle de Bruin. | 50 minute |
12:00 | Nic se Goed | Nic de Jager
Vir die eerste keer in die geskiedenis van hierdie program is Kersdag op ’n Sondag en sal die program rondom Kersfees wentel. |
52 minute |
13:00 | Nuus | ||
13:05 | Ebenezer Penniegryper deur Charles Dickens | Argiefdrama
’n Afrikaanse vertaling van Charles Dickens se klassieke A Christmas Carol. André Rossouw vertolk die titelrol in hierdie produksie deur Joey de Koker. |
50 minute |
14:00 | Klassieke Kersfeesmusiek, Deel 2 |
’n Feestelike program van klassieke Kersfeesmusiek, vokaal en instrumentaal, is spesiaal saamgestel deur Willem Vogel, wat ook die regie van die produksie behartig.
Kersliedere soos In die stad van Koning Dawid, Cantique de Noël, Somerkersfees, Joy to the World en Heidschi bum Beidschi word afgewissel met gewyde werke uit die Messias van Handel, Agnus dei van Bizet, ’n Ave Maria uit Ysland, Allelujah vir tenoor en trompet van Fux en daar is selfs ’n uittreksel uit die Neutekraker van Tchaikovsky. |
90 minute |
15:00 | Nuus | ||
15:05 | Gespreksprogram vir Kersdag |
’n Gespreksprogram wanneer Dr. Flip Loots met sy gaste oor aktuele Kerstemas gesels. |
50 Minute |
16:00 | Nuus | ||
16:05 | Vers en klank | ’n Spesiale Kersepisode van Vers en Klank onder leiding van Ina Strydom word om 16:00 uitgesaai | 25 minute |
16:30 | Leefwêreld van die gestremde |
Fanie du Toit belig die ‘Walk in my Wheels’-projek in Oudtshoorn waar ’n pastoor uitgedaag is om vir vier ure in ’n rolstoel deur te bring. |
25 minute |
17:00 | Nuus | ||
17:05 | Dis Gospel |
Jacqui January | 50 minute |
18:00 | Nuus en weer | ||
18:10 | Kersmusiek en luisteraars interaksie | Luisteraars kan musiekversoeke tussen 18:00 en 18:30 na die ateljee stuur wanneer die kontinuïteitsaanbieder interaktief met luisteraars gesels | 20 minute |
18:30 | Aanddiens | 27 minute | |
19:00 | Nuushooftrekke | ||
19:01 | Geloof wat grondvat | Die laaste episode van dié reeks word op Kersdag uitgesaai wanneer Dr. Flip Loots, Prof. Christina Landman en gaste geloofskwessie bespreek.
|
25 minute |
19:30 | Sterre en planete | Daar word baie bespiegel oor wat die Bethlehem ster presies was. Was dit ‘n konjunksie of ‘n okkultasie? In Sterre en Planete gesels die span daaroor. ‘n Ander onderwerp wat ter sprake gaan kom is die sg somer konstellasie – die Orion groep. Daar word gesels oor die drie konings in die konstellasie en dan die bekende Rigel en Betelgeuse sterre. Mens kan ook die drie konings gebruik om die heldeste ster, Sirius, te vind. Die programleier is Hennie Maas. | 25 minute |
20:00 | Kommentaar | 55 minute | |
21:00 | Nuus en weer | ||
21:10 | Dis opera | In die spesiale Dis Opera-Kersprogram luister ons na die mooiste Kersmusiek, gesing deur die wêreld se bestes, soos Luciano Pavarotti, Reneé Fleming, Placido Domingo, Roberto Alagna, Kiri te Kanawa, Thomas Hampson, Jussi Björling, Sissel Kyrkjebo asook Jonas Kaufmann se Kersalbum en Andrea Bocelli se Kersalbums.
Van die items in ons Kerskous is O Holy Night, Ave Maria van Gounod, Es ist ein Ros’ Entsprungen, O Tannenbaum, Twelve Days of Christmas, O Divine Redeemer en vele meer. |
100 minute |
23:00 | Nuus en weer | ||
23:10 | Goue oues | Eloise Cupido | 50 minute |