RSG Red-‘n-plaas camino 14 – 22 April: Amore en kie gaan 166 km in 8 dae stap
Vanaf 14 tot 22 April gaan Amore Bekker en kie 166 kilometer vanaf Williston tot by Verneukpan stap.
Amore, Lindie Stander, Jak de Priester, Elvis Blue en Johannes de Villiers gaan saam met ‘n volle 105 RSG-luisteraars stap.
Alles ten bate van die RSG Red ’n Plaas Camino-projek.
Dié projek het ten doel om humanitêre hulp aan plaasgemeenskappe te bied, ná die jare-lange droogte in die Noord-Kaap en omliggende gebiede. Die droogte is steeds ‘n werklikheid wat baie van ons land se plaasgemeenskappe raak en hier is ‘n geleentheid om jou ondersteuning te wys.
Jy kan ook deel wees van die projek deur van die stappers te borg. Skryf aan marketing@caritas.org.za
Hou intussen RSG se sosiale media-blaaie dop vir die jongste nuus oor die projek!
Besoek die Tankwa camino webblad vir meer oor die roete.
Die glansgans-saamstappers
Kyk na die video oor die Noord-Kaap
Roete – Williston na Verneukpan
Afstand: 166,4 km
8 dae se stap, op die 9de dag gaan ons terug na Williston.
Begin: Williston
Dag 1: Orangeputs – 20km
Dag 2: Sandaar – 22,6km
Dag 3: Hottentotskraal – 20km
Dag 4: Haasfontein – 18,4km
Dag 5: Brospanplaas – 20,3km
Dag 6: Janlouwskolk – 25,1km
Dag 7: Zwartkop – 20km
Dag 8: Verneukpan – 20km
Dag 9: Stappers gaan terug na Williston
Fondsinsameling
Deelnemers aan die stap dra by tot die Caritas droogtehulp projek in die rampgeteiste Noord-Kaap. Vir meer inligting skakel gerus 063 355 7815 of stuur ‘n e-pos na marketing@caritas.org.za.
Hoe lyk die stap?
Hier is enkele foto’s op Tankwacamino se webbblad wat op die staproete geneem is: