Hulde aan Abraham de Vries


“Hy was ‘n beroemde Storieman wat nie bloot ’n kenner van die kortkunsvorm en samesteller van die kortverhaalboek was nie. Hy was self die onbetwiste meester van die kortstorie.” Só skryf professor Willie Burger van die Universiteit van Pretoria in sy huldeblyk oor die skrywer, Abraham H. de Vries, of Braam, soos hy ook bekend gestaan het. De Vries is op 23 Augustus in die ouderdom van 87 jaar in Durbanville oorlede. Die lys pryse waarmee hy vereer is, is indrukwekkend, en sy lys publikasies nog meer. Om oor De Vries te gesels, sluit oudkollega, digter en letterkundige, dr. Daniel Hugo, by ons aan.