“Die SKA is nie welkom in die Karoo nie”


“Die SKA is nie welkom in die Karoo nie.” Dié woorde is duidelik te sien tussen Vosburg en Carnarvon. Ons vind uit waarom, en ons praat met Brand du Toit van die SKA Forum hieroor.

Die rol van prikkelvoeding by skape kom onder bespreking. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie het as deel van hulle algemene jaarveradering ‘n varkfees aangebied. Ons praat met dr. Peter Evans oor die fees, die stand van die bedryf, en dieregesondheid.