Hoekom betower Ingrid Winterbach se jongste roman?


Prof. Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok.

AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ‘N LEWE IN GEDIGTE.

Johan Myburg vertel meer oor die Bookerkortlys, André Dao se pas bekroonde roman, ANAM, en Nadia Davids, ʼn Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, wat onlangs met die 2024 Caine-prys vir skryfwerk uit Afrika bekroon is.

BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Luister na Daniel Hugo se argiefprogram oor die lewe en werk van Olga Kirsch. Hy het Kirsch in 1975 in Israel besoek om dit op te neem.