Hoe werk oogskade weens diabetes?
Is jy een van die diabetes-pasiënte wat nalaat om elke jaar vir jou oogondersoek te gaan, omdat jy nog goed kan sien of omdat jy reeds swak sien, en niemand kan jou help nie? Jy maak ‘n reuse fout, want vroeë opsporing kan jou sig red, en selfs vir mense met swak sig kan verdere agteruitgang gekeer word.
Mari Hudson praat met dr Gerhard Kok, ‘n oogarts van Pretoria en lid van OSSA, om meer uit te vind.
Hoe sien iemand met diabetiese retinopatie?