Liefde in die Donker: Vyf word drie
In hierdie week se episode word vyf potensiële pasmaats drie. Wie gaan bly en wie gaan gly? Luister Vrydag om 11:30 op RSG.
Liefde in die donker 22 November 2024
22 November 2024
Die vier alleenloper mans moet elkeen twee finaliste huis toe stuur. Wie bly, en wie verlaat die reeks? En, hoe doen die nuwe kandidaat wat by BoksemDais se groep aangesluit het?
Die romantiese etes
Die 4 alleenloper mans het romantiese etes met hul top finaliste gehad. Hoe werk dit om aanlyn, sonder kameras ‘n ete te hê? Foto’s!
Elkeen van die top 5 finaliste het ‘n foto ingestuur van ‘n romantiese ete wat hulle vir hul alleenloper voorberei het. Die foto gee albei die kans om hulself in leef in die ete, deur die foto.
Hierdie week luister ons na BrakanJan en BoksemDais se etes, en alles gaan nie te goed vir al die alleenlopers nie …
Hier is die volledige gesprekke:
BrakanJan se Top 5
- Sonvanger
- Sunshine
- Fleur_de_Lis
- Rixy
- Blommie
BoksemDais se Top 5 (+nuwe kandidaat)
- Sonneblom
- Keeza
- RooiRok_Nooi
- Luna Lovegood
- Rosa (Rosa het in hierdie gesprek die reeks verlaat. Luister hoekom)
- Sonstraal (nuwe Kandidaat – luister na haar ete en hul eerste ontmoeting)
Luister die Potgooi van die episode:
Liefde in die donker 15 November 2024
15 November 2024
Wat die vorige week gebeur het
Hierdie week luister ons na JohnO en Jacques James se etes.
Hier is die volledige gesprekke:
JohnO se Top 5
- Hayley
- Alonsie
- Fs_Nooi
- Tinkerbell
- Nytjie
JohnO se ete met Hayley
Hier is JohnO se ete met Alonsie:
JohnO se ete met FS Nooi
JohnO se ete met Tinkerbell
JohnO se ete met Nytjie
Jacques James se Top 5
- Gerhard
- Xavier
- JanTaks
- Josh
- Dian
Jacques James se ete met Gerhard
Jacques James se ete met Xavier
Jacques James se ete met JanTaks
Jacques James se ete met Josh
Jacques James se ete met Dian
Luister die Potgooi van die episode:
Agtergrond
Liefde in die Donker is ‘n realiteitsreeks waar vier alleenloper mans op RSG na ware liefde soek. Niemand gebruik hul regte name nie en niemand sien iemand anders nie.
Die aanbieders van die unieke reeks is Lise Swart en Santoni Engelbrecht.
Lise is die aanbieder en vervaardiger van radio reekse op RSG, Wie is ek? en Hoe verklaar jy dit? Met haar ekstensiewe ervaring in TV en Radio sien sy uit om mense te help om liefde te vind.
Santoni is bekend vir haar deelname in Survivor SA seisoen 8, waar sy baie naby aan die wenprys gekom het. Sy is ‘n eksentrieke figuur wat haar liefde vir mense deel deur haar suksesvolle aanlyn klerewinkel en haar obsessie om ander te help ware liefde te vind.
Die Alleenlopers
1. JohnO is tussen 38 en 48 jaar oud. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen 35 en 45 jaar.
2. Jacques is tussen 35 en 40 jaar oud. Hy is opsoek na ‘n man tussen 30 en 45 jaar.
3. BoksemDais is tussen 25 en 30 jaar oud. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen 20 en vroeë 30tigs.
4. BrakanJan is tussen 43 en 49 jaar oud. Hy is opsoek na ‘n vrou tussen 35 en 46.
Stel vas wat al voorheen gebeur het:
In Vrydag 1 November se episode gaan elke alleenloper sy TOP 5 finaliste kies.
Wie gaan bly en wie gaan die reeks verlaat? Wie kies hulle? Wie se harte is gebreek? Wie is klaar verlief?
Liefde in die donker 1 November 2024
Die top sewe finaliste van elke alleenloper word afgeskaal na vyf.
Die vorige week het BrakanJan en Jacques James blits afsprake met hul finaliste gehad. Op radio gaan jy die verkorte weergawes hoor, maar hier kan jy luister na die volledige afsprake. Al die ongemaklike oomblikke, snaakse oomblike, embarrassing oomblikke en die oomblikke waar twee mense kliek.
BrakanJan se blits afsprake met sy finaliste:
- Blommie
- Rixy
- Feur De Lis
- Sunshine
- Maya
- Fluffy
- Sonvanger
Jacques James se blits afsprake met sy finaliste:
- Dian
- Josh
- JanTaks
- Gerhard
- Xavier
- John_Jacques
- TeddyBeer
Die week vantevore het JohnO en BoksemDais blits afsprake met hul finaliste. Op radio gaan jy die verkorte weergawes hoor, maar hier kan jy luister na die volledige afsprake. Al die ongemaklike oomblikke, snaakse oomblikke, embarrassing oomblikke en die oomblikke waar twee mense kliek.
JohnO (tussen 45 en 50 jaar oud) se blits afsprake met sy finaliste:
- Alonsy
- Celine
- FS Nooi
- Hayley
- Nytjie
- TinkerBell
BoksemDaise (tussen 25 en 30 jaar oud) se blits afsprake met sy finaliste:
- Rosa
- Keeza
- Bennie Boekwurm
- Liewe Heksie
- Luna Lovegood
- RooiRokNooi
- Sonneblom
Liefde in die donker 25 Oktober 2024 – Ep8
Die mans ontmoet uiteindelik hulle potensiële pasmaats. Ons luister na Jacques James en BrakanJan se seweminuut-blitsafsprake.
Hier is die vorige weke se potgooie:
Liefde in die donker 18 Oktober 2024- Ep7
Die mans en hulle potensiële pasmaats ontmoet uiteindelik! Kom hoor of jy die liefde kan hoor.
Liefde in die donker 11 Oktober 2024 – Ep6
Die vier alleenloper mans vertel hoe hulle voel oor die sewe potensiële pasmaats.
Liefde in die donker 4 Oktober 2024 – Ep5
Die tyd het aangebreek om van die eerste inskrywings vir ons vier alleenloper mans te hoor. Dit gee ons ‘n goeie idee wie vir wie ingeskryf het, en hoe moeilik die keuses sal wees vir die mans.
Liefde in die donker 27 September 2024 – Ep4
Bekendes en luisteraars het vrae ingestuur vir ons vier alleenloper mans. Hoor wat hulle dink van braaibroodjies, die beste raad om te gee, verhoudingsfoute en nog baie meer.
Liefde in die donker 20 September 2024 – Ep3
Die vier alleenloper mans ontmoet mekaar vir die eerste keer.
Liefde in die donker 13 September 2024 – Ep 2
Ons leer meer oor die vier alleenloper mans, wat op ‘n soektog is om ware liefde te vind. Is jy opsoek na liefde? Luister, want een van die mans mag dalk net in jou toekoms wees.
Liefde in die donker 6 September 2024 – Ep 1
Ons stel die vier enkellopende mans wat na liefde soek, onder skuilname bekend.