Bakgat-kompetisie: Jongste puntestand ná 45 van TOP72 geproe is
RSG en Virseker se Bakgat-beskuitproe is volstoom aan die gang. Dis net koffie en krummels waar jy kyk, asook ‘n toegewyde paneel wat die sowat 1500 baksels beskuit moet proe.
Die wenner word op Woensdag 13 November tussen 13:00 en 14:00 regstreeks op lug aangekondig.
Die omroepers en gaste proe nou daagliks tot Saterdag 2 November die beskuit op lug. Teen 2 November sal ons 5 finaliste hê.
Luister na Brekfis met Derrich, Op en Wakker, Intussen, DrieSestig asook Spitstyd om die proe-paneel se kommentaar te hoor.
Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hul beste baksels verras het.
Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker op Woensdag 13 November om 1nm ‘n lekkerluister-oomblik wees.
Hier is die telbord van die 45 uit die TOP72 wat reeds geproe is ná die regstreekse proe-sessies tot en met 30 Oktober. Die telbord word daagliks, ná die dag se proe-sessies, opdateer
NAAM EN VAN | NAAM VAN BESKUIT | VANWAAR | PUNTE UIT 200 |
Marthle Smith | Muesli, Bosbessie en wit sjokolade beskuit | Gqeberha | 178 |
Dominique Stander | Death by Chocolate | Alberton | 174 |
Petra Groenewald | Kersiebeskuit | Springs | 174 |
Celeste Herman | Hemelse happies | Malmesbury | 169 |
Carle Viljoen | Karringmelk beskuit met ‘n kinkel | Boksburg | 169 |
Helene Pretorius | Gesondheidsbeskuit | Durbanville | 168 |
Sarene Matthysen | Choc Chip Health rusk | George | 168 |
Theunis Pieters | Anys beskuit | Brentwoodpark | 168 |
Andries Iain Macrae | Klapper beskuit | Sandton | 168 |
Rosa de Klerk | Staptoer beskuit | Bloemfontein | 167 |
Pierre Lombard | Pierre se skurwejantjie beskuit | Strand | 166 |
Alet du Preez | Cranberry All bran beskuit | Pretoria | 165.5 |
Ulla Pakendorf-Loubser | Boere Biscotti | Randburg | 164 |
Martha Swart | Choc chip peanutbutter beskuit | Lyttelton | 163 |
Margaret du Toit | Vastrap semel beskuit | Paarl | 163 |
Maria Fourie & Elsie Romanczuk | Rooibos Saadbeskuit (ma & dogter span) | Pretoria | 162.5 |
Hester Van Vittert | Ontbytbeskuit | Groenkloof, Pretoria | 160 |
Minnie Jansen van Vuuren | Marmelade en Bessie beskuit | Nylstroom | 157 |
Dorothy Symons | D’s Rusk | George | 157 |
Rene Havenga | Pekanneutbeskuit | Burgersdorp | 155 |
Margrietha Johanna Steyn | Makarios se All-bran beskuit | Augrabies | 154 |
Scharizna Roesch | Pecan en Berry muesli beskuit | Roodepoort | 154 |
Petro Nortje | Kersfees beskuit | Christiana | 153 |
Sarah Koekemoer | Sunshine’s Muesli Rusks | Hermanus | 153 |
Louise Venter | Tannie Stienie se Pronutro Beskuit | Bloemfontein | 152 |
Elizabeth Anna Erasmus | Wortelkoek beskuit | Modimolle | 152 |
Johan Barnard | Oupa se karringmelk | Port Elizabeth | 152 |
Linda Van Aswegen | Neutbeskuit | Roodepoort | 149 |
Elise Moorcroft | Moo se lekker beskuit | Struisbaai | 148 |
Alichia Louw | Heerlike Gesondheidsbeskuit | Nelspruit | 144 |
Ilze Pont | Karringmelk beskuit | Naboomspruit | 144 |
Rozelle Speed | Rosie se growwe skuitjie | Kaapstad | 142 |
Veronica Uitenweerde | Tropical | Vanderbiljpark | 142 |
Elzette Giliomee | My ouma Iris se karringmelk | Paarl | 141 |
Jo-Mari Jacobs | Sitrus beskuit | Centurion | 141 |
Zelda Erasmus | 4 Sade | Empangeni | 140 |
Leon Van Eeden | Paradys Karringmelkbeskuit | Roodepoort | 137 |
Hannatjie Roets | Vrugte beskuit | Secunda | 137 |
Babs Hattingh | Karringmelk | Limpopo | 134 |
Wilna Jackson | Kersie en klapper | Durban | 134 |
Lawrette Kabanuck | Romerige Karringmelkbeskuit | Grootbrak Rivier | 131 |
Martha Johanna Olivier | Gesondheidsbeskuit met suurlemoen en wit sjokolade | Bethlehem | 128 |
Gideon Swanepoel | Gemmer beskuit | Port Elizabeth | 121 |
Elizabeth van Niekerk | Harpenden Beskuit | Pretoria Oos | 120 |
Ilze Strydom | Melktert beskuit | Tarlton | 106 |
Luister en kyk hoe ons proe
Bakgat-proesessie 14
Renske Jacobs en Gustav Greyling proe saam met die voormalige burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, en TV-joernalis Daniëlla van Heerden die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 13
30 Oktober 2024
Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met Koekedoor 2-wenner en Ontbytsake-sjef, Corli Prinsloo, die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 12
30 Oktober 2024
Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Armand Aucamp en Lizelle de Bruin die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 11
Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Cilleste van Dyk van Virseker se sosialemedia-span, die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 10
Renske Jacobs, Gustav Greyling, RSG se fliekfoendie Leon van Nierop en BOER SOEK ‘N VROU-deelnemer, Daandré Coetzee, proe die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 9 – 29 Okt
Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met aktrise Claudia Jones die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 8
Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Johan Rademan en huiskok Errieda du Toit die volgende finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 7
Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met TV-aanbieder Hamilton Wessels die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 6 – 29 Oktober 2024
Renske Jacobs, Gustav Greyling, Monitor-aanbieder Udo Carelse en akteur en sanger Reynardt Hugo proe die volgende drie finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 5
Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met sanger Bouwer Bosch die volgende finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 4
Martelize Brink en Iganatius Vlok proe saam met aktrise Zenobia Kloppers en Kenneth Makatees van die SAUK in Kaapstad die volgende finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 3
Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Nick Hamman van 5FM die volgende finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 2
Renske Jacobs, Gustav Greyling en Dirk de Klerk, eienaar van Love of Coffee, proe die volgende finaliste se beskuit.
Bakgat-proesessie 1 – 26 Oktober 2024
Derrich Gardner en sy gaste proe die eerste ses finaliste se beskuit.