Skrywers en boeke Bonuspotgooi: Breyten Breytenbach
Luister na uittreksels uit twee Vers en Klank-programme, wat deur wyle Margot Luyt saamgestel is.
In die eerste een, wat in 2015 uitgesaai is, gesels sy met Breyten oor sy tien gunsteling Afrikaanse gedigte, wat hy ook voorlees.
In die tweede Vers en Klank lees Dawid Minnaar van Breyten se gedigte voor.
Daar is ook ‘n argiefopname waar Breyten van sy eie gedigte voorlees.
Luister ook:
Breyten Breytenbach as visuele kunstenaar
Sedert Breyten Breytenbach se afsterwe op 24 November 2024, is daar deur verskeie mense hulde aan hom gebring. Anne-Ghrett Erasmus Coetzee praat oor hom as visuele kunstenaar. Sy is die kurator by die Breytenbach-galery in Wellington.