Wat het Ramapohosa, Trump, Rupert en Rasool gemeen?
Luidens berigte het die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, ‘n oproep na president Cyril Ramaphosa gemaak op versoek van die Suid-Afrikaanse sakeman, Johann Rupert. Binnekort, aan die vooraand van die G20-beraad wat in Johannesbug aangebied sal word, vertrek Suid-Afrika se nuwe ambassadeur, Ebrahim Rasool, na Amerika. Wat sal die rol van Rupert en Rasool wees om die stram verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika te verbeter?
Ons praat hieroor met Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit.