Israel en Sirië: Hoe lyk die toekoms?
Die val van die regime van Bashar al-Assad in Sirië het die stand van sake in die Midde-Ooste dramaties verander. Israel het byna dadelik met aanvalle op Sirië begin. Dit is uit verskeie oorde veroordeel. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ook gesê die besette Golan-hoogland sal “tot in ewigheid” aan Israel behoort. Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.