Waar kom adrenalien-junkies se adrenalien vandaan en wat doen dit aan jou liggaam?
Adrenalien-junkies jaag met rekspronge, foefieslaaid-ritte en ander wilde avonture, hoë adrenalienvlakke na. Adrenalien laat jou oor hoë mure spring, vinniger hardloop en maak jou sterker. Waar kom die verhoogde adrenalien vandaan? Wat gebeur in jou liggaam as jou adrenalienvlakke verhoog? Is die adrenalien in jou brein dieselfde as die in jou bloedstroom? En waar pas kortisol in? Marí Hudson praat met ‘n mediese fisioloog oor adrenalien, die veg-en-vlug reaksie, kortisol en stres.