Kom vier Kanker-oorlewingsdag
Het die oorlewingsyfer van kanker verbeter? Watter kankers is nou meer behandelbaar en watter reageer swak op behandeling. ‘n Chirurg wat met kankerpasiënte werk en vier pasiënte vertel van hulle reis met kanker.
Luister Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG.
Die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie beplan ‘n spesiale dag vir kankerpasiente op 15 Februarie 08h30-12h30 by die
Panorama Mediclinic, hospitaal (koste: R150pp).
Dit is ‘n oggend ter viering van dapper mense wat dik en dun deurgemaak het tot op hede itv hul gesondheid.
Hulle beoog om dmv ‘n paneel, wat bestaan uit spesialiste in hul onderskeie velde, insig en praktiese wenke te bied oor die fisiese, emosionele en sosiale rehabilitasie as kankeroorwinnaar.
Die vraag: “Hoe tel ek my lewe op na die stryd gewonne is en leef in oorvloed?’ wil ons meer toelig. Ervare onkologie maatskaplike werkster, Linda Greeff sal kleingroepbesprekings lei.
“Ons hart is om hierdie pad wat soveel pasiente en hul families rondom ons deurmaak, te vier. Om hulle te bemoedig en toe te rus. Hierdie is nie net vir PACSO se pasiente nie. Ook nie die tipe kanker spesifiek nie. Lewensmaats is veral baie welkom. Ons beoog nie om enige wins uit die dag te maak nie,”skryf dr Elré Gerber van PACSO.
Enige belangstellendes kan haar kontak by info@pacso.co.za of skakel 021 939 7790
Die spesialiste betrokke op ons paneel is:
Dr Ettienne Myburgh (onkoplastiese chirurg)
Dr Lizanne Langenhoven (onkoloog)
Dr Andre Vos (onkoloog)
Dr Marica Louw (algemene praktisyn)
Linda Greeff (onkologiese maatskaplike werkster)
Berna Harmse (dieetkundige)
Karin Barnard (biokinetikus)