13 Maart: SKA in Boesmanland
Op 13 Maart reis Jacqui January deur die Boesmanland – ‘n uitgestrekte wêreld propvol kontras. Dit is die tuiste van die oudste inheemse kultuur en is as ‘t ware ‘n tweede wieg van die mensdom, maar ook die plek waar die SKA-teleskoop gehuisves word. Hoe trou die “oudste kultuur op aarde” met wêreldtegnologie?
Boesmanland! die tuiste van die oudste inheemse kultuur/ kennis oor plante en die natuur! In kontras – nou ook tuiste van een van die mees gevorderde tegnologiese ontwikkelings op aarde, SKA… (Square Kilometre Array) Suid-Afrika se leuse is in dié byna uitgestrowe taal: ! ke e: /xarra //ke – “diverse mense verenig”. Genetiese getuienis dui daaop dat dit die oudste kultuur op aarde is. Hoe “trou die twee met mekaar” ?
Dr Anton Binneman, waarnemende hoof van kommunikasie by die NNS SARA en Boesmanland se mense gesels saam. Professor Josef de Beer gesels ook saam. Hy het sy PhD studie gedoen oor die medisinale/gebruiks plante van die Boesmanland en die unieke farmakologie wat daarmee geassosieer word.
Dis gevorderde wêreld-tegnologie in die wieg van die oorsprong van die mensdom.