Is Amerikaanse maatskappye in SA bekommerd?


Daar is sowat 600 Amerikaanse maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen, en aan meer as 200 000 Suid-Afrikaners werk verskaf. Dit sluit maatskappye in soos Coca-Cola, Apple, Amazon, Uber en John Deere. Die afgelope week of twee is die bilaterale verhouding tussen Suid-Afrika en sy tweede grootste handelsvennoot, Amerika, in ontstuimige water met sekere ontleders wat vrees die verhouding kan op die rotse loop en dat sanksies self ter sprake kan kom. Ons praat hieroor met Kuseni Dlamini, voorsitter van die Amerikaanse sakekamer in Suid-Afrika.