“‘n Oorwig kundiges en minder politieke verteenwoordigers moet op waterbestuursrade dien”


Met die weerpatrone wat al hoe meer onvoorspelbaar lyk, kan die Nelsona Mandelabaai-metro nie 50% waterinkomsteverliese bekostig soos wat nou die geval is nie, sê die Baaise ingenieur David Raymer. Hy is al meer as 30 jaar in die watervoorsieningsbedryf, en hy glo daar moet ’n oorwig kundiges en minder politieke verteenwoordigers op waterbestuursrade dien.