Hoe werk pyn? (Sketse en verduidelikings)


Een uit elke vyf mense ly aan chroniese pyn. Hoe werk pyn? Wat is normale pyn? Wat loop skeef dat ‘n mens chroniese pyn ontwikkel?

Hier is interessante sketse en verduidelikings wat Dr Willem-Johan Steyn saamgestel het.

Stap 1. Die pyn impulse word van die plek van die besering tot in die brein gelei. Dit duur millisekondes en eers as die impuls die sensoriese korteks berek, voel jy die pyn.

Impulse word  van die besering via ‘n senuwee na die neurone in die rugmurg gelei

Die pyn word dan van die rugmurg na die brein gelei

Die ‘brug” waar die impulse van die eerste neuron na die tweede neuron in die rugmurg oorgedra word, word ‘n sinaps genoem

Van die rugmurg gelei die neurone die impulse na die thalamus in die brein, en die thalamus versprei die impulse na die regte plekke op die buiterand van die brein

Die buiterand van die sensoriese brein korteks is netjies opgedeel in ‘n kaart van die mens se liggaam, en die thalamus stuur dan die impulse van die toon na die toon op die kaart, of van die knie na die knie op die kaart, of van die vinger of mond na die ooreenstemmende vinger of mond op die kaart. Die gevoeligste dele van die liggaam het die meeste verteenwoordiging op die kaart

Die thalamus stuur ook die seine na ander dele van die brein wat dan meer emosionele reaksies of herrinneringe van vorige trauma opwek.

Stap 2. Die impulse word uit die brein weer terug na die rugmurg gelei.

Screenshot

Die bane uit die brein gaan na die sinaps in die rugmurg, waar Endorfien en Encephalin vrygestel word wat help om die pyn soveel as moontlik te blok en die oynervaring te verminder. Die oordragstowwe Serotonien en Noradrenalien in die brein dryf hierdie pynverminderingseffek.

Die verskillende soorte PYN

Akute pyn en chroniese pyn is die hoofgroepe van pyn

In chroniese pyn kan dinge op enige plek in die stygende of dalende pynbane verkeerd loop.

Npg ‘n voorbeeld van nosiseptiewe pyn

Nog ‘n voorbeeld

Voorbeeld van neuropatiese pyn

Die maklikste manier om die soort pyn te verstaan is om aand ‘n oorsensitiewe en foutiewe wekker te dink

Simptome van nosiplastiese chroniese pyn is wydlopend

Nog simptome van nosiplastiese pyn