Beagle Watch se handel en wandel met verlore diere


 

Vakansietye is gewoonlik tyd vir rustig raak en afskaal, maar vir Beagle Watch is dit van die besigste tye, veral as dit by troeteldiere kom. Wat maak jy met jou diere as jy die pad vat om iewers te gaan ontspan? Is hulle veilig en versorg? Jy sal verbaas wees hoeveel troeteldiere eindig op in die straat, totaal verlore en verskrik. Desember was rof, en Paasfees is om die draai. Ons praat oor die versorging van hierdie verlore diere met Andre Aiton, besturende direkteur van Beagle Watch se gewapende reaksie, asook Sonja Kruger, een van die noodroepbeamptes in beheer van die honde-eenheid.