Begroting: Hier is die belangrikste punte


 

Daar is gemengde reaksie van ekonome op die begrotingsrede wat finansminister Enoch Godongwana gister in die parlement ter tafel gelê het. Politieke partye, selfs binne die ANC-alliansie, het oorwegend aangedui dat hulle nie die begroting steun nie. Die DA, VF Plus, EFF en ActionSA het die verhoging in BTW en die begroting verwerp. Ons praat hieroor met Hassan Essop, ekonoom verbonde aan die Universiteit Stellenbosch.