Drie nuwe reeks begin op 6 April


Verskeie nuwe reekse begin op 1 April op RSG.

Op 6 April skop twee nuwe Sondagmusiekreekse en ‘n geloofsreeks af:

14:00 – 14:30 – Allan se stories. Die nuwe Sondagmiddag-musiekreeks is Allan se stories – Op reis deur die lewe. Dr Allan Dyssel het al ver en wyd gereis in Suid-Afrika en oorsee. Aanvanklik was hy deel van die vermaaklikheidsbedryf in SA, maar hy het gou tot die besef gekom dis slegs ‘n handjievol wat suksesvolle loopbane sou hê. Hy slaan toe ‘n ander rigting in vir stabiliteit en spits sy aandag op farmaseutiese wese. Vir 13 episodes neem ons graag luisteraars op ‘n reis deur sy lewe met stories en musiek. Die aanbieders is Sue Pyler en Alland Dyssel.

14:30 – 15:00 – Reis op klassiek. Die tweede nuwe Sondagmiddag-musiekreeks neem jou op ‘n reis van noord na suid, oos na wes met die musiek van klassieke komponiste van A tot Y – komponiste van Argentinië tot in Ysland.  Interressante feite oor die land, kos, interressante musiek en inligting oor die komponiste sal te hoor wees. Reis saam met komponiste soos onder andere Argentinië: Astor Piazolla tot Ysland: Johann Johannson. Die samesteller en aanbieder is Tharien Oosthuizen

19:00 – 19:30 – Wat het jy in jou hand? Die geloofsreeks word aangebied deur Lizelle de Bruin.