Luister weer: Merietewenner se drama
|Dit is Stella se vier-en-sestigste verjaardag in ʼn aftreeoord. In ʼn toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ʼn tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak en Stella dwing om met die familie-geraamtes in haar kas na vore te kom.
Van die skrywer – Manie Groenewald
Na die sukses van Nagmaal vir twee, neul die lede van die Gebruikerskomitee dat ons weer ʼn radiodrama skryf. Om iets rondom ʼn lotto-kaartjie te skryf word as storie-idee aanvaar. Ons val dadelik weg, maar ek kom gou agter die entoesiasme is nie meer daar nie en uiteindelik is ek alleen aan’t skryf.

Rika Sennet en Luan Jacobs