5 jr ná Covid – Op soek na die ware feite: Die ander sienings


Dit is 5 jaar ná die Covid pandemie. Weet ons nou meer van die virus en die vaksien? Is daar navorsing gedoen om presies te verstaan hoe covid werk, wat lang-covid is, en hoe ernstig of matig die newe-effekte van die enstof is?

In ‘n reeks van verskeie episodes, versprei oor ‘n tydperk, kyk ons na alle sienings en menings om by die regte waarheid en feite uit te kom. Sedert 2019 het ons gefokus op die menings en sienings van viroloë, ICU-dokters, regeringslui, die WGO, die Departement van die Gesondheid, die NHS, die Centres for Disease Control in die VSA en ander amptelike bronne. Maar daar was en is ook dokters wat van meet af kommer oor die mRNA vaksien uitgespreek het en ander behandelingsmetodes probeer het. Hulle is stilgemaak. Maar was hulle in alle opsigte verkeerd? Maar is dit reg om dokters wat vrae vra, stil te maak? Of is dit meer wetenskaplik om navorsing te doen om hulle vrae reg of verkeerd te bewys? Hulle is reeds reg bewys dat die inperking heeltemal te lank was, en dat die virus uit ‘n laboratorium kom. Dit is nodig om alles op die keper te beskou.

Ons hoop om aan die einde van die reeks die volgende vrae te beantwoord op grond van soliede wetenskaplike feite:
1. Die eerste vraag is al grotendeels beantwoord: Kom die virus van ‘n bosdier op ‘n Chinese mark of uit ‘n laboratorium in Wihan?
Regeringslui het aanvanklik gesê dis ‘n bosdier. Nou is daar al min twyfel dat die virus uit ‘n laboratorium in Wihan kom. Waarskynlik per ongeluk?
2. Die tweede vraag oor die lang inperking is ook grotendeels beantwoord: Daar is konsensus dat die inperkings van 700 dae totaal oorbodig was en baie ekonomiese, persoonlike en emosionele skade berokken het.
3. Hoe werk Covid? Is dit mikrostolsels? Is dit ‘n erge inflammatoriese reaksie? Is dit die stekelproteien? Wat was die beste behandeling?
4. Wat het dokters teëgekom in die waaksorg-eenhede?
5. Wat was die omvang en sterftesyfer van Covid?
6. Hoe werk lang Covid? Wat is die insidensie?
7. Pas Ivermectin enigsins in die prentjie?
8. Die vaksiene – was dit effektief? Wat van die newe-effekte? Is die regte besluite geneem? Wat word van die gemodifiseerde m-RNA en wat van die stekelproteien?
9. is mRNA enstowwe veilig?
10. Het iemand lang Covid of vaksien-besering?
11. As dieselfde virus nou ontsnap, wat sal dokters nou doen?

Die ander sienings

Gesondheid 9 April 2025

Bly die mRNA van die Covid-enststof net ‘n paar dae in jou liggaam? Kan die stekelproteïen verbind word met ander skade, buiten hartskade?

Gesondheid 19 Maart 2025

Wat het die Coronavirus, wat die Covid-pandemie anders gemaak het as ander Corona-virusse? Hoe herken die liggaam ‘n virus of ander indringer? Mari Hudon verduidelik in die eerste episode van ‘n reeks oor die Covidvirus en -vaksiene.

Gesondheid 19 Julie 2023

Wat weet ons nou meer oor Covid? Wat is feit en wat is fiksie? In die eerste episode in ’n reeks oor ’n Covid-terugskouing kyk ons na inligting wat dikwels eenkant toe geskuif is of verswyg is in ons poging om by die beste moontlike wetenskaplike inligting uit te kom.