Alles wat jy moet weet oor testamente
Wie kan ‘n eis instel teen ‘n boedel? Wie mag eksekuteur wees van ‘n boedel? Is ‘n lewende testament regs-afdwingbaar?
Volker Kruger sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan en antwoord regstreeks luisteraars se vrae oor testamente en boedelbeplanning. Hy het ook inligting gegee oor testamenteweek, waartydens deelnemende prokureurs gratis ‘n basiese testament vir luisteraars sal opstel.