Aphelion-verskynsel is fopnuus


Het jy al van swerfplanete gehoor? Die span bespreek die onlangse ontdekkings van vryswwnende eksoplanete.

Hulle verduidelik hoekom die fopnuus boodskap oor die sogenaamde aphelion-verskynsel in jou e-pos se snippermandjie hoort, en beantwoord ’n luisteraarsbrief oor hoekom die aarde se kern ná al die eeue nog nie gestol het nie,  en wat die gevolge is noudat die Hubble-ruimteteskoop met slegs een giroskoop sal moet werk.