As weerlig jou tref, bons die straal eers rond in jou lyf
Het jy geweet dat as ’n weerligstraal jou tref, of jy aan ‘n hoogspanningskabel raak, die straal eers binne-in jou lyf rondbons en skade veroorsaak voordat dit jou lyf verlaat?
In ons gesprek oor ernstige brandwonde kyk ons ook na
- die klassifikasie van brandwonde,
- die oorsake van brandwonde
- hoekom dit so pynlik is,
- veloorplantings,
- velkwekings,
- longskade
- en besef ons ook dat nie alle pasiënte gered word nie.
Mari Hudson gesels met Dr Wayne KLeintjes, hoof van die Tygerberg Hospitaal se spesialis-brandwondeenheid. Hy is verbonde aan die afdeling chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch se mediese fakulteit, en het etlike jare gelede met velkwekings begin en baanbrekerswerk op hierdie gebiied gedoen.