Bakgat-wenner word op 13 Nov ná 1 nm aangekondig


RSG en Virseker se Bakgat-beskuitproe is reeds volstoom aan die gang. Dis net koffie en krummels waar jy kyk, asook ‘n toegewyde paneel wat die sowat duisend vyf honderd baksels beskuit moet proe.

Weens die ver meer as ‘n duisend inskrywings wat RSG ontvang het, gaan die proe-proses veel langer neem. En die wenner word dus nou op Woensdag 13 November tussen een-uur en twee-uur die middag regstreeks op lug aangekondig.

Die omroepers gaan van Saterdag 26 Oktober tot Saterdag 2 November ook op lug beskuit proe. Luister dan na Brekfis met Derrich, Op en Wakker, Intussen, DrieSestig asook Spitstyd.

Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hul beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker op Woensdag 13 November om 1nm ‘n lekkerluister-oomblik wees.

Bakgat-proesessie 1

Derrich Gardner en sy gaste proe die eerste ses finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.