Bakgat-kompetisie: Die wenner is…

RSG en Virseker se Bakgat-beskuitwenner is Marthle Smith van Nelson Mandelabaai. Dominique Stander van Alberton is in die tweede plek (R10000) en Genevieve Cillié van Vereeniging in die derde plek (R10000). Petra Groenewald van Springs stap weg met die vierde prys (R5000) en Helena Erasmus van Bethal in die vyfde plek (R5000). Marthle se prys, wat R560000 werd is, sluit in: R20 000 in kontant geborg deur Virseker R350 000 se lugtyd op RSG Mentorskap deur Andriëtte de la Harpe, eienaar van die onderneming Mondvol, wat ook naaswenner was in MasterChef Suid-Afrika se Vierde Seisoen; asook Die ontwikkeling van jou onderneming se korporatiewe identiteit. Spesiale dekking en ‘n artikel in JAN the Journal, die tydskrif van Michelin chef Jan Hendrik van der Westhuizen RSG het 13 November as Nasionale Beskuitdag verklaar. Altesaam 1510 baksels beskuit is geproe om eers die Top-72 … Lees meer Bakgat-kompetisie: Die wenner is…