Beleef RSG se eerste aanlynsepie: Die dag van môre

Van Maandag 7 Junie stel RSG en Foxwood.TV ( www.foxwood.tv) jou bekend aan ‘n splinternuwe sepie/realiteitsformaat in Die Dag van Môre. In dié interaktiewe sepie vermeng die skrywer Jan Groenewald slim al die probleme waarmee ons as Suid-Afrikaans dikwels te doen kry, in fassinerende verhale van die mense van die ou herehuis in Johannesburg. Die dag van môre is soveel meer as net ‘n sepie, met gratis nuus wat dit voorafgaan. Die nuwe aanlynsepie is ‘n nuwe digitale konsep wat van 7 Junie elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 12-uur op www.foxwood.tv uitsaai. Dit bied dus met die visuele kykgenot  ‘n nuwe dimensie aan die diens wat RSG vir sy luisteraars gee. Skakel in op www.foxwood.tv van vandag, 7 Junie vir meer inligting. Ons sal jou lei na die subskripsiekanaal wat ook gratis dienste gaan verskaf – en in die … Lees meer Beleef RSG se eerste aanlynsepie: Die dag van môre