Beraad om kwaksalwer-wetenskap hok te slaan
‘n Internasionale beraad om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en valse nuus oor gesondheidsorg teen te werk, het vandag by die Universiteit Stellenbosch begin. 180 wetenskaplikes van regoor die wereld woon dit by. Een van die sprekers is Dr. Harris Steinman, ‘n mediese dokter en stigter van CAMcheck, ‘n gids wat Suid-Afrikaners teen pseudo-wetenskap beskerm.