Bevriesing van Amerikaanse skenkings het groot effek op MIV-programme in SA
Die Amerikaanse Minister van Buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat die staking van skenkings vir sekere lewensbelangrike projekte eers opgeskort sal word.
Intussen word tientalle navorsingsprojekte wat met MIV/Vigs verband hou, asook die verskaffing van antiretrovirale medisyne aan MIV-lyers in Suid-Afrika, bedreig. Amerika het verlede jaar miljarde rand aan hierdie programme in Suid-Afrika geskenk.
Een van hierdie navorsingsprojekte word gelei deur een van die wêreld se voorste navorsers om ‘n inenting teen MIV te ontwikkel, professor Glenda Gray. Deur die USAID-program sou die navorsingsprojek R860 miljoen ontvang het.