China se invloed op SA se internasionale betrekkinge


Die Suid-Afrikaanse regering wil die skakelkantoor van Taiwan uit Pretoria skuif, klaarblyklik om China tevrede te stel. Dis nie die eerste keer wat Suid-Afrika na China se pype dans nie. Dié nuus kom in die week wat die BRICS-plus beraad in Rusland gehou word, waar president Cyril Ramaphosa, tot onsteltenis van die DA, gesê het Rusland en Wladimir Poetin is ‘n besonderse vriend van Suid-Afrika.

Ons praat hieroor met Ray Hartley van die Brenthurst-stigting.