Covid-inperkings 5 jr later
Covid-inperking: 5 jaar later – Deel 1
Dit was een van die uitdagendste tye in die onlangse geskiedenis van die wêreld én Suid-Afrika. Vandag, vyf jaar gelede, was die eerste dag van die Covid-19-inperking, wat uiteindelik meer as 700 dae geduur het, en eers in Junie 2022 amptelik afgeskaf is. Die impak op individue, besighede en die politiek is steeds vandag met ons. Tien duisende mense is weens die virus dood. Ons praat hieroor met dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep.
Covid-inperking: 5 jaar later – Deel 2
27 Maart 2025
Vandag is dit reeds vyf jaar gelede dat die Covid-19-inperking in werking getree het. Die aanvanklike tydperk van die inperking was 21 dae, maar destyds het Rapport gewaarsku dit kan veel langer aanhou, en uiteindelik was ons vryhede langer as twee jaar ingeperk. Destyds, met die uitbraak van die pandemie, was medici wêreldwyd onseker oor wat die virus behels, en was daar aanvanklik ondersteuning vir die inperkings en die ramptoestand. Later het mense se geduld al minder geraak met sommige van die drakoniese maatreëls. Dr. Angelique Coetzee was tydens die pandemie die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereninging, en op die minister van gesondheid se advieskomitee.