Dié dokumentêre wag op jou
RSG se dokumentêre seisoen strek van 5 Januarie tot 30 Maart op Donderdagaande om 20:00. Nege is reeds afgehandel en jy kan na hulle potgooie luister, maar ‘n wye verskeidenheid dokumentêre programme wag nog op jou – van kansellasie-kultuur tot ‘n reeks oor genadedood.
Dokumentêre seisoen Jan – Maart 2023
Datum |
Dokumentêr |
Vervaardiger |
5 Jan
Afgehandel
|
Lippizaners – Op die agterpoot. |
Lizelle de Bruin |
12 Jan Afgehandel |
In die Bol geTik handel oor die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms in Eersterust in Pretoria. | Jacqui January |
19 Jan Afgehandel |
Alzheimers, ‘n lewe sonder onthou Wat is die impak wat Alzheimers het op die mense om ons? Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly?Luister na die dokumentêr |
Johan van Lill |
26 Jan Afgehandel |
Hartbeespoortdam vier 100 jaar |
Elsje van Jaarsveld |
2 Feb
Afgehandel |
Grootword sonder ‘n Pa Hierdie dokumentêr deel die ervaring van mense wat sonder ‘n pa grootgeword het en ‘n sielkundige belig die sosiale aspekte. |
|
9 Feb Afgehandel |
Worsie het ‘n wors geword Sue verken die lewe van Willie Esterhuizen wat ’n huishoudelike naam by Suid-Afrikaners is. Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis en Gauteng Aleng is sinoniem met sy naam. Sue gesels met mense wat deel was van sy lewe en sukses. |
Suy Pyler-Slabbert |
16 Feb Afgehandel |
Diskoers – Van Sokrates tot sosiale media Deur argumente, diskoers en redenasies word die diepste vrae van filosofie beantwoord, wetenskaplike reëls vasgestel het en wetlike besluite geneem. Dit is die grondslag van ons demokrasieë en die manier waarop ons die beleid vir land ons bepaal. Dit is ook deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. |
Johan van Lill |
23 Feb
Afgehandel |
In Plooie van die Hart vertel Veronique die storie van ’n jong blinde vrou wat die geleentheid gekry het om haar gunsteling rock-groep Rammstein te ontmoet en deur haar hande te kon ‘sien’. Hierdie ware verhaal wat elke luisteraar se hart sal vermurwe bring hoop en deernis vir jou medemens.Lees meer. |
Veronique van Heyningen |
2 Mrt Afgehandel |
In Tegnologie vra Jody hoe ons daaglikse lewe werklik deur tegnologie verander is en wat ons nog te wagte kan wees. Lees meer. | Jody Hendricks |
9 Mrt Afgehandel |
Tobie Cronje – 75 jaar Ina neem ons na die siel van Tobie Cronje in ’n profieldokumentêr oor sy interessante lewensfilosofie, sy ernstige werk wat meestal tweede viool moes speel teenoor die komiese werk, mense wat ‘n belangrike rol in sy loopbaan gespeel het en sy benadering tot rolle in die verskillende media.Lees meer. |
Ina Strydom |
16 Mrt |
Kansellasiekultuur Johan stel ondersoek in na die vryheid van skrywers. Word skrywers soms aan bande gelê deur die onsigbare grense van kommersiële boekwinkels en uitgewers?Lees meer. |
Johan Rademan |
23 Mrt |
Genadedood 1 – Om te sterf met genade In die laaste dokumentêr wat oor twee episodes strek verken Esté die twee teenpole van genadedood. Met in diepte onderhoude praat Esté in Om te sterf met genade oor hoe dié kwessie in Suid-Afrika en in ander dele van die wêreld aangespreek word.Lees meer. |
Esté de Klerk
|
30 Mrt | Genadedood 2 – Om te sterf met genade | Esté de Klerk |