Die rioolbesmette Vaalrivier: Munisipale bestuurder aangekla


Die munisipale bestuurder van die Emfuleni-munisipaliteit, April Ntuli, staar twee strafregtelike klagte in die gesig weens dié munisipaliteit se onvermoë om te keer dat rou riool in die Vaalrivier gestort word. AfriForum het reeds ‘n klag teen Ntuli ingedien, en die EFF het aangekondig hulle sal vandeesweek ‘n klagte teen Ntuli indien.

Intussen is daar miljoene rand deur inwoners en sakemense bestee om die waterslaai uit die rivier te verwyder.

Ons praat hieroor met professore Richard Meissner en Anja du Plessis van Unisa.