Die rol van Nguni-beeste in voerkraalproduksie


‘n Nguni-boeredag is onlangs naby Harrismith aangebied. Een van die hoof besprekingspunte was die rol van dié beesras in voerkraalproduksie.

Dis daardie tyd van die jaar wanneer SAMIC (South African Meat Industry Company) produsente vereer vir hoë gehalte karkasse. Hennie Gerber praat oor die verskillende kategorieë en waarna gekyk word tydens die beoordeling.

Jan Schoeman van Oktavia Beefmasters vertel van hulle produksieveiling en algehele uitverkoping van 12 Julie by die Warmbad-veilingskrale.