Die verband tussen die bontbosluis, hartwater en klimaatsverandering


Ons terugvoer oor die 54ste kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde wat in Oos-Londen plaasgevind het. Ons hoor van die president van die vereniging, Trevor Dugmore. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad was een van die sprekers, en hy praat oor die verband tussen die bontbosluis, hartwater en klimaatsverandering. Wilhelmus van der Schyff van Schyff Beefmasters vertel van hulle tiende produksieveiling op 30 Julie tussen Bultfontein en Soutpan.